Agterop Papawerbeweging staan 2 Julie 1979. Dit was 'n Maandag, die tweede dag van my sonder-werk-situasie. Die Nasionale Filmraad, waar ek kunstenaar was, word deur die regering gesluit. Toe die eerste geluide van 'n moontlike sluiting aangekondig is - in Januarie 1978 - sê Susan dat ek voltyds moet skilder, sy sou aanhou werk. Ek kon sommer huisman ook wees!